Dosentevaluering? Vraelys of skiet uit die heup?

So aan die einde van die jaar hou akademiese bestuurders hulle besig met werksverdelings, taakooreenkomste en prestasiebonusse en iewers in die storie speel die dosente-evaluering ook ‘n rol. Nie almal hou daarvan om so geëvalueer te word nie en daar is gereëld besprekings oor die items in die vraelys, die skaal en die manier hoe dit afgeneem word. Dit vat tyd in die klas en studente verloor entoesiasme na die tweede of derde module se evaluering. Dit alles word natuurlik ook beïnvloed deur hoe die resultate gebruik word – gaan dit oor bestuur of beoordeling?

Dit het my laat wonder of mens nie maar kan wegdoen met die vraelys en eerder ‘n sms stemming hou nie? Gee vir jou dosent ‘n punt uit 100! Ons het hierdie semester so eksperiment gedoen en die resultate is vandag op ons blog: Thin slicing your lecturer evaluation. gemiddeld is die skiet-uit-die-heup punt en vraelys se punt naby aan mekaar, maar dit blyk dat ontevrede studente tog beter punte gee met die vraelys. Hulle hou dalk nie van jou nie, maar hulle moet erken dat jy darem altyd betyds was!

Ek is nuuskierig om te hoor wat dosente dink: Hoe word die vraelys in ander skole of vakgroepe gebruik, wat werk en wat nie?

 

 

Advertisements

2 comments

  1. Mariet Eksteen · · Reply

    Die probleem met die vraelyste is (en dit het ek uit ‘n student se mond gehoor) is dat hulle vir mekaar se: “gee alles 4’s en hier en daar ‘n 3”. Met my dosentevaluering hierdie semester het ek die tradisionele vraelys gegee en ‘n aparte evalueringsvorm wat ek self opgestel het met net plek vir ‘n gemiddeld (persentasie), plek vir positiewe- en negatiewe kommentaar. Die opdrag aan die studente was dat indien jy die tradisionele evalueringsvorm gaan invul om die tyd verby te kry, los dit eerder en vul my vorm in deur net ‘n punt uit 100% te gee vir algemene indruk. Dit is vir my van meer waarde as ‘n vorm wat jy invul sonder om die vrae te lees.

    1. Dankie Mariet, ek is bly om te hoor dat ek nie die eingste een is wat dink dat thin slicing ‘n plan is nie.

      Jou opmerking laat my wonder, hoe kan mens die studente kry om die evaluering ernstig op te neem? Of kan mens dalk jou benadering gebruik na die eerste derde van die semester en terugvoer kry wat jy dadelik kan gebruik? Die gewone een is dan later net vir amptelike doeleindes.

      Ander dosente daar buite, watter soort terugvoer sal vir jou bruikbaar wees?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: