Hoe om jou iPad te gebruik in 2013

So aan die begin van die nuwe semester word werkplanne afgestof en hier en daar besin ‘n kollega oor hoe sy/hy hierdie jaar nuwe waarde kan toevoeg. Ek hoop om binnekort ‘n eie #EdTech aanbieding reg te hê om vir studente meer te vertel oor hoe hulle tegnologie en nuwe (sosiale ) media kan gebruik tydens hulle studies. Vir vandag wil ek net bietjie raad deel oor hoe dosente en studente ‘n iPad kan gebruik in 2013.

Vir baie mense is ‘n tablet-rekenaar aan die begin baie cool en fancy, maar dit kan baie vinnig net as ‘n duur e-reader gebruik word. Mens moet so af en toe herhinner word wat jy alles daarmee kan doen. Gelukkig het die blog: Educational Technology and Mobile Learning goeie raad. So wat is alles moontlik:

  • Jy kan aanbiedings maak. Dit is iets wat hierdie jaar meer wil doen. Miskien kan iemand help: VGA kabel na die lektorsbank of ‘n gekoppelde laptop met die iPad via bluetooth? Watter apps word op kampus gebruik? Ek kan wel bevestig dat die Prezi viewer app lekker werk en mens kan nou ook basiese teks en fotos prezis bou op die iPad. Die Educreations app werk lekker as ‘n eie elektroniese witbord.
  • Jy kan jou eie e-boeke saamstel, of die studente kry om dit saam te stel. ‘n App wat lekker maklik werk is Book Creator. As ek eendag tyd het sal ek ook met iBooks Author vir Mac wil speel.
  • As boeke nie nuwe-media genoeg is nie, kan jy video skiet en saamstel met apps soos iMovie en ReelDirector. Vinnig, maklik, opgelaai na YouTube en gedeel met die wêreld.
  • Vir ‘n “lecture capturing” video is Explain Everything ‘n wenner. Trek jou PPTs (of Keynote slides) in en neem die klankbaan op. Dit gee nuwe betekenis aan “handboek met ‘n klankbaan”.
  • Dan is daar natuurlik honderde manierne om notas te neem met jou iPad. Ek gebruik UPAD, maar hoor ook goeie dinge van Note Taker HD.
  • Vir breinkaarte is ek ‘n iThoughtsHD gebruiker, maar Popplet lyk ook of dit maklik sal werk.
  • As die klas vol studente met iPads is kan “screen sharing” cool wees. Ek het nog nie kans gekry om so iets te gebruik nie, maar het solank die Screen Chomp app afgelaai.
  • Die iPad kan ook werk as ‘n studente-terugvoer stelsel. As daar ‘n klompie iPads en iPhones in die klas is, is eClicker die antwoord.
  • Uit die aard van die saak maak Dropbox en Evernote jou lewe ‘n lied.

Natuurlik moet ek darem die disclaimer byvoeg: Mens moet darem dink hoekom jy jou iPad so gaan gebruik en hoe dit gaan help om die uitkomste te bereik, maar dit is die inhoud van ‘n ander post.

Ten laaste is my vraar eerder, is daar iemand op kampus wat sal belangstel om iets soos hierdie op te skryf vir Android gebruikers?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: