Meer oor die vervlegde-leer / Blended learning werkswinkel

Op 30 Januarie het Akademiese Steundienste ‘n werkwinkel gehou oor vervlegde-leer en die keuse van tegnologie vir jou module. Vervlegde-leer is wanneer jy ‘n kontaksessies kombineer met tegnologie: voor klas, in klas, na klas, of met assessering. Kobus le Roux, Juan Steyn en Henk Louw was die aanbieders.

In die eerste gedeelte van die werkswinkel het Kobus beklemtoon dat die gebruik van webgebasseerde hulpbronne kan die leerervaring meer interaktief maak en studente begeester, maar die tipe tegnologie wat jy kies moet geintegreerd wees met hoe jy die hele module aanbied – nie net na die tyd bygevoeg word vir vermaak nie. Die dosent moet dink oor die inhoud wat bemeester moet word, of die vaardighede, en dan dink hoe ‘n webblad of app waarde kan toevoeg.

Mens kan byvoorbeeld dink, wat kan slimfone alles doen? Juan het verduidelik dat daar is baie opsies:

  • Toegang tot die web, om inligting na te slaan, bv. Google of Wikipedia, of YouTube.
  • Web of apps om sosiale netwerke te gebruik om inligting te deel, bespreking aan te moedig, bv. Facebook, Twitter, Todaysmeet.
  • Die NWU se webgebasseerde Quiz vir studente terugvoer, of apps soos Socrative (iOS en Android), of eClicker (net iOS).
  • Spesifieke apps vir mindmaps, flash cards, screen sharing.
  • Fotos en klankopnames.

Dit klink alles baie opwindend, maar die dosent moet voor die tyd dink watter uitkomste word op hierdie manier bereik.

Laaste het Henk Louw meer vertel van sy gebruik van tegnologie in AGLE modules. Henk doen die sogenaamde “flippping” van die klaskamer. Hy maak videos – sy PPT skyfies met ‘n klankbaan – en vereis dat die studente dit kyk as voorbereiding. Tydens die kontaksessie gebruik hy en fasiliteerders die tyd om toepassings met die studente te oefen.

Henk het ook meer vertel oor die sagteware wat hy gebruik om vir studente terugvoer te gee oor hulle geskrewe opdragte:

  • Opstelle, of referate kan met MarkWrite hanteer word. Dit is soortgelyk aan Word se track changes, maar beter. In MarkWrite kan jy ‘n lys van tipiese foute en jou terugvoer daaroor opstel en dan is dit so vinnig as om die problematiese teks te merk en op die toepaslike terugvoer knoppie te kliek. Jy hoef dus nie elke keer te tik: Hierdie sin maak nie sin nie! En jy doen ook nie die student se werk vir hom/haar nie – jy gee goeie terugvoer, maar hulle kan nie net die veranderinge aanvaar nie.
  • Die alternatief is om klankterugvoer te gee. Daarvoor het Henk en Juan BackChat ontwikkel. Soos wat jy die referaat lees kan jy jou audio-terugvoer gee en alles laai mooi terug na ‘n eFundi Dropbox. Wees net versigtig om nie te veel te skree nie.

Juan en Kobus het groot planne vir hierdie onderrigtegnologie-groep. Die plan is om binnekort “showcase” sessies te hou en elke ander week die kans om prakties met iets te gaan werk. Daar is ook planne vir ‘n tegnologiemeent, waar dosente proeflopies kan maak met videos, of klank of webtoepassings, voordat hulle dit vir die groot groepe probeer uitrol.

As daar iets gebeur, sal ons hier daaroor skryf.

As jy sommer wil inspring, MarkWrite kan afgelaai word van CText se webblad. Vir BackChat moet jy self vir Henk ‘n epos skryf.

 

Advertisements

One comment

  1. […] Prof Krugell en Me Alicia Fourie het ‘n werkswinkel op kampus bygewoon oor sg. vervlegde leer en die gebruik van tegnologie in onderrigleer. Lees meer oor die storie op die Scholarship of Teaching and Learning blog. […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: